Keuselys
TUIS
40 Dae
Aktueel
Bedieninge
Fotogallery
Gesinne/Huishoudings
Jaarprogram
Kontak ons
Mooikloof
Preke
Pharos Gemeenskapsentrum
Struktuur
Toerusting
Veiligheid
Vorms
Wat doen ons?


TUIS

40-Dae Veldtog: Laat ons in liefde groei

 Laat ons in liefde groei ...

 in onsself ...
 in ons gesinne/families ...
 in ons geloofsfamilie ...
 in ons gemeenskap ... 

Laat 2010 die jaar word wat jou lewe en jou verhoudings kan verander!
Ons is vir verhoudings geskep. Met hierdie veldtog gaan ons ontdek wat en hoe ons hoogste mikpunt moet wees om God en ons medemens lief te hê.

Hoe gaan ons dit regkry? Deur vir 40 dae te oefen en te fokus.

 Lees elke dag ‘n dagstukkie
Koste van die dagstukkieboek:  R75 (Jesus-beginsels vir doelgerigte liefde)

 Woon ’n groepsbyeenkoms by
Sluit by ’n groeigroep aan of woon die Sondagaandbyeenkomste by.

Sondagaandbyeenkomste: 17:00 in die Jeugsentrum:
Sondag 5 September – Woorde wat van liefde spreek (tema 3).
Sondag 12 September – Liefde gooi die swart boekie weg (tema 4).
Sondag 19 September – Liefde word nie maklik kwaad nie (tema 5) & Die geheim van ewigdurende liefde (tema 6)

 Woon ’n erediens by 

Eredienste om 09:00:
Sondag 5 September – Liefde gooi die swart boekie weg (tema 4).
Sondag 12 September – Liefde word nie maklik kwaad nie (tema 5).
Sondag 19 September – Die geheim van ewigdurende liefde (tema 6).

Ander belangrike datums:
Deurloopnagmaal Dinsdag 21 September enige tyd vanaf 17:30-21:00 in die Jeugsentrum.
Deurloopnagmaal Mooikloof 21 September 18:00 -21:00 in die Mooikloofkapel.
Nagmaal Oostvallei 13 Oktober 15:00.

 Kry vir jou ’n yskasmagneet

  Week 1
  Week 2
  Week 3


 Kry vir jou ’n boekmerk

Navrae: Jeanne J van Rensburg
Tel: (012) 998 8801 (Maandae-Vrydae, 08:00-13:00) of E-pos na  Die eposadres is beskerm teen spam-bots, U het Javascript nodig om dit weer te gee .

Laat ONS IN LIEFDE GROEI!


Ken sal moet leer om soos Barbie te dink

 Een van die tendense wat deur die toekomskundige, Faith Popcorn, uitlig word, is die “femalethink”  of  “Eve-lution”, die sogenaamde evolusie van Eva.  Dit beteken dat vroue, vrouedenke en –emosies ‘n baie goot rol in die nuwe millennium sal speel.  Daar sal wegbeweeg word van die tradisionele doelwit-georiënteerde en hiërargiese modelle, na meer informele omgewings waar “omgee” en “passie” belangrik is.

Wat beteken dit vir die kerk?  Prof Hennie Stander is van mening dat kerke in die toekoms nie lidmate gaan lok met korrekte dogmatiese lering nie, maar omdat daar geleentheid vir emosie en verhoudings is – met mekaar en met die lewende God. 

Klik hier om meer te lees.


Die wese van gebed

Klik hier om na die gebedskakel te gaan waar jy ʼn nuwe gebed kan lees en die jongste gebedslys van die gemeente kan aftrek. Bid saam met ons.

 

 


Teks vir die week

1 Korintiërs 13:4
Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik; dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie.

 
Bulletin
 
Erediensbesonderhede
Klik hier om erediensbesonderhede te kry.
 
Diensrooster

Klik hier om Diensrooster af te laai.

 



Lux Mundi * lig vir die wêreld * deel van die NG Kerk-familie
Florisstraat 685, Garsfontein | Posbus 38236, Garsfontein-Oos, 0060 | Tel 012 998 8801 | Faks 012 993 0093

Webontwikkeling en huisvesting deur Mattelo