Ons groei in kwartaal 2 van 2026 in ons verhoudings. Daarvoor lees ons die hele Efesiërs brief van hoek tot kant deur. Kliek op een van die temas hieronder vir ekstra leesstof, om weer na die preke te luister of om die PowerPoint deur te gaan.
Efesiërs 6:10-24 Hierdie is een van daai tekste wat mens nogal in verskillende kontekste sien - mooi boekmerkies en Sondagskool lessies ens. En ons lees dit baie individualisties. Iets wat ons net vir onsself van toepassing wil maak dat dit iets is wat ek “aantrek” om my dag beter te maak, of veilig te voel, my gewete te sus. Maar as ons sien met wie Paulus hier (nog steeds) praat, wie dit is wat die wapenrusting moet aantrek en aan wie hierdie wapenrusting behoort, dan sie
Efesiërs 5:15-6:9 In vers 15-18 gee Paulus vir ons 3 kontraste waarmee hy die verskil tussen die ou en nuwe lewe verder verduidelik: Onwys vs. Wysheid – Wysheid hier gaan oor om my eie onvermoë as mens te erken en my lewe onder die heerskappy en leiding van Iemand Groter as myself te stel. Dwaas vs. Onderskeiding – Om dwaas te wees is om nie in staat te wees daartoe om te kan onderskei hoe ‘n mens moet lewe of wat die doel van my bestaan is nie. Onderskeiding van God se wil d
Efesiërs 5:3-14 Hierdie teks is weer een van daai wat wys hoe belangrik dit is om die konteks van die res van die brief in gedagte te hou wanneer ons dit lees. As ons dit buite konteks lees loop ons die gevaar om dit bloot moralisties te sien, en wat Paulus sê oor identiteit en dit wat GOD alreeds vir ons gedoen het, mis te kyk. Onthou hy is besig om vir sy lesers te vertel dat hulle moet word wat hulle REEDS in Christus IS. Hulle is nie meer wat hulle was nie. Hulle is ni