top of page

Efesiërs
Ons reeks oor 'Groei in Verhoudings' waar ons saam deur die Efesiërs brief lees.


10. Saamstaan Verhoudings
Efesiërs 6:10-24 Hierdie is een van daai tekste wat mens nogal in verskillende kontekste sien - mooi boekmerkies en Sondagskool lessies ens. En ons lees dit baie individualisties. Iets wat ons net vir onsself van toepassing wil maak dat dit iets is wat ek “aantrek” om my dag beter te maak, of veilig te voel, my gewete te sus. Maar as ons sien met wie Paulus hier (nog steeds) praat, wie dit is wat die wapenrusting moet aantrek en aan wie hierdie wapenrusting behoort, dan sie
Jun 22


9. Verstandige Verhoudings
Efesiërs 5:15-6:9 In vers 15-18 gee Paulus vir ons 3 kontraste waarmee hy die verskil tussen die ou en nuwe lewe verder verduidelik: Onwys vs. Wysheid – Wysheid hier gaan oor om my eie onvermoë as mens te erken en my lewe onder die heerskappy en leiding van Iemand Groter as myself te stel. Dwaas vs. Onderskeiding – Om dwaas te wees is om nie in staat te wees daartoe om te kan onderskei hoe ‘n mens moet lewe of wat die doel van my bestaan is nie. Onderskeiding van God se wil d
Jun 17


8. LIGte Verhoudings
Efesiërs 5:3-14 Hierdie teks is weer een van daai wat wys hoe belangrik dit is om die konteks van die res van die brief in gedagte te hou wanneer ons dit lees. As ons dit buite konteks lees loop ons die gevaar om dit bloot moralisties te sien, en wat Paulus sê oor identiteit en dit wat GOD alreeds vir ons gedoen het, mis te kyk. Onthou hy is besig om vir sy lesers te vertel dat hulle moet word wat hulle REEDS in Christus IS. Hulle is nie meer wat hulle was nie. Hulle is ni
Jun 8


7. Splinternuwe Verhouding
Efesiërs 4:17-5:2 Regdeur die eerste 3 hoofstukke was dit baie duidelik vir wie Paulus skryf: die brief is bedoel vir heidene. Nie ongelowiges nie, maar nie-Jode, “gentiles” wat uit ander gelowe tot geloof in die Here gekom het. Maar dan in 4:17 sê Paulus: “Moenie langer soos heidene lewe nie. Hulle gedagtes lei tot niks”. Hulle is dan heidene, hoe kan hulle nie meer soos heidene lewe nie. Maar dis juis die punt wat Paulus op briljante wyse maak: hulle is NIE MEER heidene
Jun 2


6. Verhouding van EENheid
Efesiërs 4:1-16 Ons begin dan nou met die tweede hoofdeel van die brief (hoofstuk 4-6) waar Paulus vir sy lesers uitlê hoe gelowiges op die apokalips (die openbaring in Christus se lewe, dood en opstanding) moet reageer. Hoe dit in al die fasette van ons lewens ‘n invloed behoort te hê – in elke tipe verhouding moet sigbaar word. In 4:1-16 kry ons as oorgang van die vorige gedeelte, en inleiding tot die volgende gedeelte, ‘n opsomming van die funksionering van die Kerk. Nadat
May 25


5. Liefdesverhouding
Efesiërs 3:1-21 Paulus begin in vers 1 met sy gebed (wat hy dan in vers 14 voortsit), maar onderbreek homself om iets oor sy gevangenisskap te sê en hoe dit eintlik juis ‘n getuienis is van God se genade en die oorwinning van die Messias. Die oop-geheim van God kom nou aan die lig: “deur die verkondiging van die evangelie en in hulle verbondenheid met Christus Jesus, word ook mense wat nie Jode is nie, saam met ons deel van die volk van God en lede van die liggaam van Christu
May 11


4. Herstelde Verhouding
Efesiërs 2:1-22 As ons hoofstuk 2 beskou binne die groter struktuur van hoofstuk 1-3 dan verstaan ons so bietjie beter waarmee Paulus hier besig is. Hy het reeds in die lofprysing van 1:3-14 vir ons gewys wie die aktiewe Subjek is wat hier handel – God IS ons seën! Hy sorg vir ALLES: begin en einde, beplanning, uitvoering en afhandeling, Hy dra dit alles. Daarom moet ons sy grootheid prys! In die gebed van 1:15-23 sien ons hoe daardie plan ook in ons lewens, in sy Kerk, a
May 5


3. Kragtige Verhouding
Efesiërs 1:15-23 Ná die lang sin in vers 3-14, skryf Paulus nog so ‘n lang sin in vers 15-23. Hierdie keer nie ‘n lofsang nie, maar ‘n gebed (kyk weer na die struktuur van hoofstuk 1-3). Dit is opvallend waarvoor Paulus hier bid. Hy bid nie dat die Here die mense se omstandighede sal verander, hulle uit nood uit red, hulle sal gesond maak of ryk maak nie. Hy dank die Here vir hulle liefde en geloof en vra dat God Homself al meer aan hulle sal openbaar. Hy bid dat hulle Go
Apr 28


2. Verhoudings "in Christus"
Efesiërs 1:3-14 Voordat ons in detail kyk na die volgende klompie verse, is dit goed om te weet waar hierdie verse in die struktuur van die brief inpas. Onthou dat die brief in twee dele opgedeel word. In hoofstuk 1-3 word die openbaring van Jesus uitgelê, en in hoofstuk 4-6 word verduidelik hoe gelowiges op hierdie openbaring behoort reageer. As ons dan na hoofstuk 1-3 bietjie nader beskou dan sien ons hoe briljant Paulus dit aan mekaar sit om sy boodskap tuis te bring. H
Apr 21


1. Vir verhoudings uitgeroep
Efesiërs 1:1-2 Paulus se brief aan die Efesiërs verskil van sy ander briewe in die sin dat dit nie groete boodskappe aan spesifieke persone stuur nie, en ook nie ‘n spesifieke saak in ‘n spesifieke gemeente wil aanspreek nie. Dit was eerder ‘n soort omsendbrief wat aan die gemeentes in Klein-Asië gestuur is en langs die handelsweë vanaf Efese verder aan gemeentes gebring is. Paulus se persoonlike briewe aan Timoteus dien eerder as die briewe aan die gemeente in Efese. Die
Apr 21
bottom of page
